Milo

Unknown Unknown

 

Milo was Hawie se hond. Sy was baie oulik en ek was baie lief vir haar. Toe sy ‘n baba was het Hawie met haar in sy fiets se mandjie by die huis aangekom. Sy is dood net na Michael Jackson toe ek in Rusland was.

Advertisements

1992 Beenoperasie

 

beenoperasieSoos ek reeds genoem het het ek antiversie van die heupe. Dit gebeur wanneer die heuppootjies nie reg uitdraai nie. Ek onthou dit was baie seer en baie warm. Ek was in gips tot by my bobene, Ek onthou my ma wat mooi na my gekyk het. Op ‘n stadium kon ek op my gipsbene begin loop het en het vooroor op my maag geval, My ma was daar om my op te tel 🙂

 

1987 Eerste dag in Pre primer

eerste dag preprimere skool preprimer

Ek kan nie veel van my eerste skooldag onthou nie. Dit was by die voorbereidingskool in Mafikeng en ons het in Jan Viljoenlaan 13 gebly. Ek weet net dat ek daardie jaar baie geniet het. Juffrou Johanna was my heldin en ek wou net soos sy wees. Kyk die indraai voete. Dit is later reggemaak. Met my antiversie van die heupe en al het ek nooit gevoel dat daar iets is wat ek nie kan doen nie. My liefste mamma het my altyd ondersteun en aangemoedig.

Wie se opinie is belangrik?

Soos ek vroeer genoem het was Vrydag nie ‘n lekker dag nie. Ek is nogsteeds ‘n bietjie omgekrap daaroor maar dink terselftertyd aan die woorde

Doen alles wat jy doen asof vir die Here.

 

Dit het my verder laat dink vir wie doen ek  my werk, vir wie se eer doen ek dit? Vir myself? Vir mense of vir die Here? 

Ek gaan nou meer positief wees en my gesindheid verander.

Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he…

 

More is Maandag. Ek gaan nie myself bejammer nie en werk vir die Here.

Sal laat weet hoe dit gaan 🙂

My eerste gebreekte arm

gebreekte arm
My eerste gebreekte arm

Van kleins af het ek maar altyd probleme gehad met my arms en bene. Was nog nooit baie vas op my voete nie. Dit kan toegeskryf word aan baie redes maar die feit is ek loop liewer op my kniee as op my voete. Ek kan nie presies onthou hoe my arm gebreek het nie. Ek onthou van ‘n renerige dag in Vanderbijlpark en my ma wat se ons moenie op die nat klimraam speel nie. Ek onthou die seuntjie het met ‘n pyp teen die klimraam gekap en dit het so ‘doef doef doef’ gemaak. Daarna sien ek myself van buite af op my sy le en my arm is baie baie seer. Ek was omtrent 4 jaar oud. In jare daarna het ek baie probleme gehad met juis hierdie arm. Daar het iets fout gegaan met die spalk van die arm en ek moes ‘n operasie kry toe ek tien was om die senuwee te gelei. Dit alles bring my net weer by keuses. Gaan ‘n mens jouself bejammer en opgee of gaan jy uithou en aanhou. Met almal van ons gebeur daar soms(of gereeld) slegte goed. Dit is jou besluit wat jy daarmee gaan maak.

Volg my op Twitter @AmandaCalitz

My ander blogs: Sunflowerfun Pre school Sunflowerfun Primary Sonneblomme, koffie en varkies Afrikaansisfun

I’m not an outstanding teacher. Nor is anyone.

Well said and very true

Disappointed Idealist

Guardian Link

This article appeared in the Guardian this morning. There’s much in it I agree with.

 School leaders [] have been informed that this country’s teachers are failing, and that they must take charge of a lazy and unprofessional teaching staff, leading to suspicion within our schools. [] I often found that by 9:30am (by which point I had been at school for two hours) I felt I had been reprimanded five or six times in emails to all staff, or in departmental meetings, or staff briefings – all a direct result of current education policies.

This had me nodding along, and at some point in the future I’ll probably have a full spleen vent about the adoption of Cult of The Leader enforcement nonsense by rather too many SLTs. However, this is only a quick piece, and I want to focus on this :

I am an outstanding teacher.

View original post 959 more words