Sonderwater…nuwe hoop

As jy my vra om oor Sonderwater te praat kan ek vir dae aaneen praat. Ek het eintlik oorweeg om dit Sonderwater deel 1 te noem of iets. Vandat ek kan onthou wou ek al mense help. As ek vir mense kan kos gee en hulle van die Here vertel is ek op my gelukkigste. Toe ek van hierdie projek gehoor het, het ons kos uitgedeel by die watertoring. Vandag dink ek ver terug. In jare is dit nie so ver terug nie maar dit  voel soos ‘n ander leeftyd. 2005 is net ‘n oogwink gelede. Ek is dankbaar vir elke kind wat ek geken het. Elke kind wat my iets geleer het. ‘n Mens dink altyd jy gaan na ander om vir hulle te help. Maar eintlik help hulle jou. Jy leer wat vir jou belangrik is en wat jy eintlik nodig het. My twee jaar in Sonderwater was ‘n voorreg. Ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid wat ek gehad het om dit te ervaar.

Kinders resize 12.04.05 Kos opskep 2 25.04.05 Unknown Mosimane, Papa, David, Tumi 12.04.05 2 Unknown Kinders 17 25.04.05 Unknown Unknown Kinders 2005