Die muisvangers

Ons bly nou al vir so 3maande saam met ‘n muis. Of liewer die muis bly saam met ons. Dit is baie frustrerend en irriterend want die muis pla ons. Hy is in die kaste, op die kaste en onder die kaste maar ons kry hom nie gevang nie! Ek en Butch en Nastia is al moeg muis gesoek. Manlief werk laat en toe ek so 9uur die aand begin kos maak is daar beweging agter die stoof. Ek besluit om die stoof terug te trek en daar spring hy uit! Groter as wat ek gedink het. Groter as my hand. Hy spring toe op die kas en ek tel vir Nastia op die kas en daar hol hy in Butch se mond in. Die einde van die muis( of liewer rot). Daarom is die twee vandag die Muisvangers van Muldersdrift.

IMAG0711 Butch 20140630_070527_2 In die kas20140630_070203_2

IMAG0708Butch en Nastia kan nou rustig slaap. Die muis is weg.

Published by

Amanda Calitz

Very creative. Happily married. Living on a plot with my husband and two dogs. Loving life.

8 thoughts on “Die muisvangers”

  1. Nou is daar weer ‘rot en alles begin weer van vooraf. Wees net rustig dalk is dit net die vorige rot se spook. Hy is na alles wreed vermoor.

    Like

Leave a comment